Eredienste

Oggenddiens om 09h00
Ons oggenddiens kan seker beskryf word as iewers tussen tradisioneel en kontemporer. Hiermee bedoel ons dat jy dit sal herken as ‘n NG erediens, maar die atmosfeer is lekker informeel.

Informele aanddiens om 18:00 in die Kleinkerk
Soos die naam voorstel: ‘n Informele diens.

LW: Tydens langnaweke  en gedurende vakansietye is daar geen aanddiens nie.

EREDIENS VIR SOTHO-SPREKENDES
Sotho-dienste word elke Sondagmiddag om 15:00 in die kerkgebou aangebied (behalwe die laaste Sondag van die maand en skoolvakansies). Kontakpersoon: Ds Riaan Stander (051-4461131)

DOOP
Doopgeleenthede is elke eerste Sondag van die maand tydens die oggenddiens.

Ons nooi jou uit om ons te besoek op die h/v Boerneef en Etienne le Roux straat, Langenhovenpark.