Naaldwerkklasse

Die bemagtiging van mense kan op baie verskillende maniere gebeur.  Om ‘n nuwe vaardigheid aan te leer is om ‘n brood op die bord van mense of selfs gesinne te sit.  Naaldwerkklasse word deur gemeentelede op Donderdae om 15h00 in die Gemeentesentrum aangebied.  Dit gee die geleentheid aan persone wat die besondere vaardigheid wil aanleer om klere en veel meer te maak. Al lerende en werkende word almal wat die klasse bywoon ook geestelik opgebou deur belangstelling in mekaar en Bybelstudie. Hierdie naaldwerkklasse vind onder leiding van Ina du Plessis en haar helpers plaas.  Vir navrae, kontak gerus vir Ina by (0734195730).

Aksie Olyftak

Die bediening van die Woord en betrokkenheid by Senior Volwassenes in die gemeente word as van die grootste belang geag. Aksie Olyftak het ontstaan vanwee die behoefte aan ʼn dienssentrum vir senior volwassenes in die gemeente en die wyer gemeenskap van Langenhovenpark.  Lede kom eenmaal per maand bymekaar om saam te kuier, om hulle voete te laat versorg, hulle hare te laat kap en ʼn verskeidenheid ander dienste te ontvang. Insiggewende praatjies wat spesifiek van toepassing is op ouer wordende persone word deur kundiges aangebied. Hou die afkondigings tydens eredienste dop vir meer inligting.

Opruimaksie

Die projek word in samewerking met twee gemeentes van die NG Kerk in Afrika gedoen. Een maal per maand tel lidmate van die NGKA rommel in die oop areas in Langenhovenpark op. Pick ’n Pay borg vir elkeen wat betrokke is ‘n middagete. Die gemeente vergoed die helpers met ‘n kospakkie en ‘n bedrag van R150.00. Lidmate word aangemoedig om hierdie verdienstelike projek te ondersteun. Dit kan geskied by wyse van elektroniese inbetalings (merk dit asseblief “Opruim”) of inbetalings by die kerkkantoor. Vir enige navrae, kontak gerus vir ds Riaan Stander. 

Sothoklasse

Die Sothoklasse het in 2022 weer 10 studente opgelewer wat die kursus voltooi het en hulle sertifikate verwerf het. Dit was wonderlik om vir die eerste maal sedert Covid weer fisiese klasse te kon aanbied. Die jaar is afgesluit met ‘n heerlike kuier en die oorhandiging van sertifikate. Indien jy belangstel om vir vanjaar se kursus in te skryf, gee asseblief jou naam en kontakbesonderhede op by die Kerkkantoor of kontak Ds Riaan Stander persoonlik by 0826658478.

 

Noodspens 

Getuienis oor Jesus Christus beteken nie net die verkondiging van die verlossingsboodskap tot redding van die siel van die mens nie, maar wel die versorging van die mens in sy totaliteit. Met groot dank aan gemeentelede word elke maand meer as 30 kospakkies voorberei en deur die leraars en gemeentelede na verskeie plekke van nood versprei. Vir navrae kontak Willien Fourie by 083 700 8684