Ons getuig ook in Samaria (Afrika)

Botswana

Ds. TC en Linda du Toit is by die Dutch Reformed Church in Botswana (DRCB) betrokke.  Hulle woon in Welkom, maar bedien steeds die Kgalagadi in Botswana digitaal en is ook nog betrokke by die DRCB se Training & Development Commitee. Tsabong en DRCB Kgalagadi het op die oomblik nie ‘n voltydse vrywilliger predikant nie. Ds TC du Toit gaan virtueel en deur kontakbesoeke voort met talle aspekte van die bediening.

Die mense van die Kgalagadi is baie arm en nie in staat om self ‘n leraarspos te dra nie.  Deel van die Du Toit’s se langtermyn-beplanning is om opleiding aan plaaslike kerkleiers te voorsien ten einde die gemeentes in staat te stel om selfstandig te kan funksioneer.   Dit is vir ons ʼn voorreg om deur ons gebede en maandelikse bydraes deel te wees van hierdie bediening.

Kontakbesonderhede e-posadres:   tc@dieplan.org

 

Namibië: Degnos en Wildevy

DEGNOS opereer vanuit Grootfontein in Namibië en is verantwoordelik vir die opleiding van Evangeliste wat werksaam is in Namibië.  Ons gemeente ondersteun hulle finansieel.2022 het afgeskop met opleiding van persone wat betrokke is by die jeug. 

Op Aasvoëlnes is Ds Lucas besig met die “Vaste Fondamente Opleiding” en op die foto verskyn van die vorige groep studente op Aasvoëlnes.   Volgens Andries Gous van Degnos is die gemeentes Wildevy en Tsumkwe goed op dreef en vol planne vir die nuwe jaar.  Ver afstande is gedurende Januarie 2022 gereis om kerkraadsvergaderinge te hou ten einde hierdie beplanning vir die jaar te kon doen.   Moeite is gedoen om lidmate wat oud is te bemoedig en te verseker van die gemeente se voorbidding.

Kontakbesonderhede: ngtsumke@iway.na en gousandries74@gmail.com