Tot in die verste uithoeke van die aarde

Indië: Pastor S. Sam Selva Raj

Brother Sam is besig met verskillende evangeliese bedienings, waaronder Bybelkor Indië,  ʼn instituut wat Bybelse korrespondensie-kursusse in die Oosterse wêreld versprei.  Die fokus van die Instituut is om basiese kennis oor Jesus Christus deur te gee aan nie-gelowiges en gelowiges.Hulle is ook betrokke by Christelike opvoeding op skoolvlak en onderhou en beman ʼn Christelike skool.   Ons gemeente ondersteun die werk finansieel.

Kontakpersoon: Pastor S. Sam Selva Raj.    e-posadres: sam@echoofhiscall.org

 

Slowakye (Pierre en Lisa van Vuuren)

Pierre en Lisa van Vuuren doen reeds sedert 1996 sendingwerk in die Slowaakse Republiek,

deel van die voormalige Tsjeggo-Slowakye.  Hulle werk was aanvanklik grootliks

evangelisasie en kerkplanting onder die Sigeuners oftewel Roma,  maar die klem het in die laaste jare verskuif na Bybelvertaling.  Die vertaling aan die Ou Testament gaan volstoom voort in Slowakye. Laaste gedeeltes van die Ou Testament word nou vertaal – dan is die hele Bybel vertaal en die beplanning is om in 2022 te publiseer.  Pierre is deur “The Seed Company” genader om die leiding van 5 vertalingsprojekte in Kroasië en Serwië oor te neem.   As gesin beplan hulle egter om in Slowakye te bly waar hul permanente verblyf het.  Die vertaalwerk word aanlyn gedoen.   Op die foto is Pierre, Lisa en hul kinders Elise en Samuel.

Kontakbesonderhede e-posadres: pierre.vanvuuren@gmail.com

 Gerrie en Arlene Coetzee

Gerrie en Arlene Coetzee getuig van die Here se genade, veral wanneer hulle terugkyk na die oorwinnings en uitdagings wat in 2021 ervaar is.  Die bediening by ETHNOS se EMT Dissipelskap/sending opleiding se laaste kursus vir 2021 het op ‘n hoogtepunt afgesluit na 8 weke se geseënde inbou in die lewens van die diegene wat die kursus bygewoon het.  In 2022 word daar 3 EMT opleidingskursusse aangebied waarvan die eerste reeds vroeg in Februarie afskop.

Kontakbesonderhede: arlene.gerrie@gmail.com

 

Geopende Deure

Geopende Deure is ‘n wêreldwye organisasie wat omsien na die behoeftes van die mees vervolgde Christene in die wêreld.   Huidiglik is hul werksaam in meer as 60 lande en is daar meer as 360 miljoen Christene wat hoë vlakke van vervolging beleef, net omdat hulle Jesus Christus volg.   Dit is 1 uit elke 7 Christene.   Aan die hart van Geopende Deure se bediening is die strewe om bewustheid te skep en gebed aan te moedig vir die wêreldwye vervolgde Kerk.  Verskeie hulpbronne word aan Suider-Afrikaanse Christene beskikbaar gestel om ons bewus te maak van die behoeftes van die vervolgde Kerk en om ondersteuning deur gebed aan te moedig.   As ‘n gesin is ons al meer as 15 jaar betrokke by hierdie bediening want: “As een lid ly, ly al die lede saam;  en as een lid geëer word, is al die lede saam bly.” – 1 Kor. 12:26.   Besoek gerus www.opendoors.org.za vir meer inligting.

Befondsing

Die finansiering van die gemeente se uitreikprojekte vorm deel van die kerkraad se begroting.  Dit het daartoe aanleiding gegee dat die “Arbeiders vir die Oes” fonds gebore is.   Lidmate kan, bo en behalwe hulle dankoffers, spesifiek vir hierdie Koninkryksprojekte van die gemeente bydra.   Bydraes kan direk in die kerk se bankrekening inbetaal word met as verwysing ‘Arbeidersfonds’.   Alternatiewelik kan ‘n ACB-betaling met die kerkkantoor gereël word.

 Bankbesonderhede: ABSA Brandwag (Tjek)

                                    Takkode 632005

 Rekeningnommer:      1570 590 630