Welkom by NG Gemeente Langenhovenpark
Sedert die totstandkoming in 1984 is Langenhovenpark ‘n gemeente wat standvastigheid bied, wat dinamies, divers en innoverend is. ’n Gemeente wat saam bely dat Christus die verlosser is en wat deur Sy Woord die boodskap van Omgee verkondig. Dit is die motivering vir alles wat die gemeente en lidmate doen en omvou ons bedienings, uitreike en aksies.
Ons eredienste bied ‘n gemaklike, maar tog tradisionele manier van aanbidding en daar is ‘n gevoel van eenheid waar God saam geloof kan word en sy aanvoelbare liefde ervaar kan word.
As huisgesin van God, is ons bly oor Hom, volg ons Hom, gee ons vir mekaar om en bring ons hulp en hoop aan die wêreld.
Digitale DIENS
Ons nooi u uit na ons Youtube kanaal
Ons gee om
As huisgesin van God,
is ons bly oor Hom,
volg ons Hom,
gee ons vir mekaar om
en bring ons hulp en hoop
vir ons wêreld.
*DIE GEMEENTE VIR ELKE GENERASIE
Eredienstye
Ons nooi u uit na ons eredienste elke Sondag
Oggenddiens : Tyd 9:00
Digitaal: Ons nooi u dan ook uit om saam met ons op hierdie platform na God se Woord te luister via Youtube
Sondag jeugprogram tye:
- Kleuterkerk: 9:00 Tydens erediens in die kerksentrum
- Kinderkerk vir (Graad 1 – 3): 9:00 Tydens erediens in die kerksentrum
- JOG: (Graad 4 – 7) 10h15 tot 11h15
- TvC: (Graad 8 – 10) 10h15 tot 11h15
- Belydenisklas: (Graad 11) 10h15 tot 11h15
Eredienste vir Sotho-sprekendes
Sotho-dienste word elke Sondagmiddag om 15h00 in die kerkgebou aangebied (behalwe die laaste Sondag van die maand en skoolvakansies) Kontak gerus vir Ds Riaan Stander by 051 446 1131 vir navrae.
Let wel: Daar sal ook geen Sothodienste wees tydens inperking nie.
Doop
Elke eerste Sondag van die maand is daar ’n doopgeleentheid tydens die oggenddiens.. Kontak asb die kerkkantoor vir verdere inligting. Die Doopvorm is beskikbaar op die webtuiste vir u gerief.