Personeel

Ds Leon Oosthuizen
Kontak my gerus by ooshuis@gmail.com
Sel: 087 808 9175 of 083 444 8587
Ds Leon Oosthuizen
Leon Oosthuizen (genadiglik het my ouers my net hierdie een en boonop kort naam gegee) is meer as ‘n halfeeu gelede gebore in Wynberg, doer onder in die Kaap. Ek matrikuleer aan die Hoërskool Voortrekker in Kenilworth (ja, vir almal wat van Betlehem kom, daar is ‘n paar Voortrekker Hoërskole in die land), studeer op Stellenbosch en doen my diensplig as kapelaan in Simonstad. Hierna beklee ek vir ‘n jaar lank ‘n proponent pos as jeugwerker by Heideveld gemeente in Port Elizabeth, voor my eerste beroep, naamlik Plettenbergbaai gemeente, waar ek vir amper tien jaar predikant is. En van daar skuif ek hier na Langenhovenpark in 2001.
Ek is verantwoordelik vir Blok B se pastorale versorging, prediking, betrokke by eiendomme, finansies, omgeegroepe, jeug, elektroniese bediening en kommunikasie, lei die Woensdag-oggend Dames-Bybelstudiegroep, en nog so ‘n paar goed – eintlik maar so ‘n “Jack-of-all-trades” dominee. So hier en daar is ook nog Rings- en Sinodale-verpligtinge.
In my vrye tyd probeer ek om klein boompies, na ou boompies te laat lyk, m.a.w. ek hou my besig met bonsai en dan 4X4 ek graag – dis nou wanneer die Jeep loop – wat ongelukkig nie altyd is nie!
Psalm 121 bly maar vir my ‘n riem onder die hart – Ek kyk op na die berge: waarvandaan sal daar vir my hulp kom? My hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het.
Of dit nou gaan oor kerkwerk, of sommer net die lewe – dis wonderlik om te weet die Here is altyd daar om te help. Neem gerus die vrymoedigheid om my te kontak vir ‘n geselsie – ernstig of sommer net sosiaal – ek is net ‘n oproep vêr.
Administratiewe Personeel

Laurane de Kock
Skriba
Christelle van Haefele
Finansies
Sosiale Media Span

Wikus van Tonder
Sociale media beampte

Anton Schlebush
Koster
Jeug Personeel

Lisa Lombaard
Jeug Koordineerder
