Jeug bediening

Jeug bediening

 on ”

Aanbieders:

  • Kleuterkerk: Maretha du Plessis (Voorskools tot Graad R)
  • Kinderkerk:  Christine van Eyssen(Graad 1 – 3)
  • JOG: Jaco va Toner (Graad 4 – 7)
  • TvC: Ds. Gerhard Meyer  (Graad 8 – 10)
  • Belydenisklas: Ds. Gerhard Meyer (Graad 11)

Missie

Ons missie kan identifiseer word deur drie woorde:

  • Bywoning,
  • Gemaklike atmosfeer en
  • Betrokkenheid

Ons strewe daarna om vir ons jeug ‘n leersame en opbouende omgewing te skep wat vir hulle lekker is. Ons formaat van aanbieding is ‘n gemaklike atmosfeer waar beide leerder en aanbieder tuis voel.

Visie

 “Laat die kindertjies na My toe kom” Lukas 18:16

Jeug aktiwiteite

Daar is ook goeie samewerking tussen ander NG gemeentes om gesamentlike jeug aktiwiteite te reël. Ons het reeds ‘n Jeug Week in April 2020 gehad asook ‘n Lof en aanbiddings geleentheid by ons kerk aangebied.

Ondersteuning:

Ons voel ook sterk daaroor dat ons leerders die vrymoedigheid sal hê om uit te reik na hulle aanbieders vir enige ondersteuning. Ds Gerhard Meyer is ook daar vir ondersteuning aan ons jeug.