Welkom by NG Gemeente Langenhovenpark

Sedert die totstandkoming in 1984 is Langenhovenpark  ‘n gemeente wat standvastigheid bied, wat  dinamies, divers en innoverend is. ’n Gemeente wat saam bely dat Christus die verlosser is en wat deur Sy Woord die boodskap van Omgee verkondig.  Dit  is  die motivering vir alles wat die gemeente en lidmate doen en omvou ons bedienings, uitreike en aksies.

Ons eredienste bied ‘n gemaklike, maar tog tradisionele manier van aanbidding en daar is ‘n gevoel van eenheid waar God  saam geloof kan word en sy aanvoelbare liefde ervaar kan word.

As huisgesin van God, is ons bly oor Hom, volg ons Hom, gee ons vir mekaar om en bring ons hulp en hoop aan die wêreld.

Digitale DIENS 

Ons nooi u uit na ons Youtube kanaal

Ons gee om

 

As huisgesin van God,

is ons bly oor Hom,

volg ons Hom,

gee ons vir mekaar om

en bring ons hulp en hoop

vir ons wêreld.

*DIE GEMEENTE VIR ELKE GENERASIE

Eredienstye

Ons nooi u uit na ons eredienste elke Sondag

Oggenddiens : Tyd 9:00 

Digitaal:  Ons nooi u dan ook uit om saam met ons op hierdie platform na God se Woord te luister via Youtube

Sondag jeugprogram tye:

  • Kleuterkerk: 9:00 Tydens erediens in die kerksentrum
  • Kinderkerk vir (Graad 1 – 3): 9:00 Tydens erediens in die kerksentrum
  • JOG: (Graad 4 – 7) 10h15 tot 11h15
  • TvC: (Graad 8 – 10) 10h15 tot 11h15
  • Belydenisklas:  (Graad 11) 10h15 tot 11h15