GEMEENTE BEDIENINGS

        1. Groepe:

         Bybelstudiegroepe

         Word deel van ’n groep vriende en vriendinne! Bestudeer saam met ons verskillende Bybelboeke op interessante en aktuele wyses. Ons is nie net ’n groep wat die Bybel bestudeer nie, maar wat die Bybel elke oomblik van die dag saam met mekaar lewe!

        Daar is verskillende Bybelstudiegroepe op verskillende tye.

        Kontak gerus die kerkkantoor vir meer inligting.

        Omgee groepe

        Word deel van ‘n groep vriende in die gemeente wat mekaar ondersteun en saam verreik wil word deur God se Woord. Elke groep is uniek en spesiaal.  Die rol van die groepe is om mekaar te ondersteun dus vir mekaar om te gee, maar ook om soedoende mekaar te versterk in geloof. Die Omgee groepe kom weekliks bymekaar.

        Kontak gerus  Jaco Grobbelaar by 0824166779

        2. Senior bediening:

        Aksie olyftak

        Hierdie aksie het ontstaan weens die behoefte aan ‘n dienssentrum vir senior burgers in die gemeente asook die wyer gemeenskap van Langenhovenpark. Lede kom eenmaal per maand bymekaar vir kuier en om algemene versorgingsdienste, soos skoonheidssorg te ontvang. Hulp van kundiges uit die gemeente is altyd welkom. Die tyd en datum van hierdie byeenkomste word deur die Omgeenuus gekommunikeer.

         Aksie afgetredenes

        As jy na aftrede die huppel in jou stap wil behou, is die Aksie Afgetredenes ’n goeie plek om in te skakel. Ons vergader elke eerste Dinsdag van die maand in die Kleinkerk om 9h30 (skoolvakansies uitgesluit).

        Die jaarprogram sluit die bespreking van verskeie interessante en relevante onderwerpe soos klimaatsverandering,  senior “Mind Moves”, die sielkundige aspekte wat belangrik is in die senior jare, tuinbou en die kweek van Bonzai en nog baie meer.  Onderwerpe oor Kerkwees en die rol wat ons in die gemeente kan vervul, word ook aangespreek

        Ontspanningsaktiwiteite soos uitstappies na museums en die planetarium, word gereeld aangebied, ’n flinkdink word in die vooruitsig gestel en ons lentetee en konsert in September is ’n wenner.  Ons hoop om weer volgende jaar by te dra tot die gemeentekermis, waar ons gewoonlik ’n plaasstal aanbied.

        Ons werk ook elke jaar aan verskeie projekte, waarvan die brei van kleertjies en speelgoed vir vroeggebore babas en die maak van serpe en musse vir seemanne, maar enkeles is.

        By elke vergadering sing ons ook die lekker ou liedjies wat ons herinner aan die goeie tye en natuurlik word daar koek geëet, tee gedrink en gekuier!  Die jaar word afgesluit met ’n spesiale Kersete.

         Kontak gerus vir Susan Bester by 0822138813

        3. Jeug bediening

        Jeug Koodineerder: Christine van Eyssen

        Aanbieders:

        Kleuterkerk: Maretha du Plessis (Voorskools tot Graad R)

        Kinderkerk: Christine Eyssen (Graad 1 – 3)

        JOG: Jaco van Tonder (Graad 4 – 7)

        TvC: Ds. Gerhard Meyer (Graad 8 – 10)

        Belydenisklas: Ds. Gerhard Meyer (Graad 11)

        Missie

        Ons missie kan identifiseer word deur drie woorde:

        • Bywoning,
        • Gemaklike atmosfeer en
        • Betrokkenheid

        Ons strewe daarna om vir ons jeug ‘n leersame en opbouende omgewing te skep wat vir hulle lekker is. Ons formaat van aanbieding is ‘n gemaklike atmosfeer waar beide leerder en aanbieder tuis voel.

         

        Ondersteuning:

        Ons voel ook sterk daaroor dat ons leerders die vrymoedigheid sal hê om uit te reik na hulle aanbieders vir enige ondersteuning. Ds Gerhard Meyer is ook daar vir ondersteuning aan ons jeug.

         

        4. Kursusse

        Veritas  – Aanbieder – Dr Hanneke Meyer

        Word toegerus met die Woord van God. Leer om die Bybelboodskap sinvol te verstaan, in jou lewe toe te pas en met ander te kommunikeer.

        Kontak Hanneke by 0825697784 vir enige verdere navraag. Die kursus datums en tye sal deur die loop van die jaar gekommunikeer word.

        Beginnersklasse in Sesotho – Aanbieder Ds Riaan Stander

        Die NG Gemeente Langenhovenpark bied wéér hierdie gewilde kursus in Sesotho aan. Die kursus is nie primer akademies gerig nie, maar fokus eerder op die aanleer van die woordeskat en vaardighede om ‘n eenvoudige gesprek in Sotho te kan voer. Die kursus behels deurlopende voorligting rakende die basiese taal struktuur van Suid Sotho; die aanleer van ‘n basiese woordeskat, heelwat gesprekvoering, verduideliking van sommige elemente van die Sotho kultuur, en, weeklikse skriftelike evaluering om seker te maak studente bly by.

        Kursus besonderhede:

        • Dié kursus strek oor 28 weke. Begin: 24 Februarie 2022
        • Sertifikaat: Na suksesvolle voltooiing van die kursus.
        • Datum: Die kursus neem gewoonlik in aanvang aan die begin van die jaar
        • Tyd: 18:00 – 19:30
        • Plek: Gemeentesentrum van NG Kerk Langenhovenpark (in die Kleinkerk).
        • Registrasie: Registreer telefonies by 051 446 2225 of per e-pos ngklhp@mweb.co.za.

        Daar is gewoonlik slegs plek vir  25 studente. Die kursus word jaarliks aangebied. Kursus besonderhede sal aan die begin van die jaar geadverteer word. Vir navrae kan die kantoor geskakel word by  051-446 2225 of Ds Riaan Stander (aanbieder) by 051-446 1131.