Kursusse

Kursusse

Beginnersklasse in Sesotho – Aanbieder Ds Riaan Stander

Die NG Gemeente Langenhovenpark bied wéér hierdie gewilde kursus in Sesotho aan. Die kursus is nie primer akademies gerig nie, maar fokus eerder op die aanleer van die woordeskat en vaardighede om ‘n eenvoudige gesprek in Sotho te kan voer. Die kursus behels deurlopende voorligting rakende die basiese taal struktuur van Suid Sotho; die aanleer van ‘n basiese woordeskat, heelwat gesprekvoering, verduideliking van sommige elemente van die Sotho kultuur, en, weeklikse skriftelike evaluering om seker te maak studente bly by.

Kursus besonderhede:

  • Dié kursus strek oor 28 weke.
  • Sertifikaat: Na suksesvolle voltooiing van die kursus.
  • Datum: (Die kursus neem gewoonlik in aanvang aan die begin van die jaar
  • Tyd: 18:00 – 19:30 
  • Plek: Gemeentesentrum van die NG Kerk Langenhovenpark (in die Kleinkerk).
  • Registrasie: Registreer telefonies by 051 446 2225 of per e-pos ngklhp@mweb.co.za.

Daar is gewoonlik slegs plek vir  25 studente. Die kursus word jaarliks aangebied. Kursus besonderhede sal aan die begin van die jaar geadverteer word. Vir navrae kan die kantoor geskakel word by  051-446 2225 of Ds Riaan Stander (aanbieder) by 051-446 1131.