Personeel

Ds Leon Oosthuizen
Kontak my gerus by ooshuis@gmail.com
Sel: 087 808 9175 of 083 444 8587

Ds Gerhard Meyer
Kontak my gerus by petrusgerhardm@gmail.com
Sel: 078 107 7154
Ds Leon Oosthuizen
Leon Oosthuizen (genadiglik het my ouers my net hierdie een en boonop kort naam gegee) is meer as ‘n halfeeu gelede gebore in Wynberg, doer onder in die Kaap. Ek matrikuleer aan die Hoërskool Voortrekker in Kenilworth (ja, vir almal wat van Betlehem kom, daar is ‘n paar Voortrekker Hoërskole in die land), studeer op Stellenbosch en doen my diensplig as kapelaan in Simonstad. Hierna beklee ek vir ‘n jaar lank ‘n proponent pos as jeugwerker by Heideveld gemeente in Port Elizabeth, voor my eerste beroep, naamlik Plettenbergbaai gemeente, waar ek vir amper tien jaar predikant is. En van daar skuif ek hier na Langenhovenpark in 2001.
Ek is verantwoordelik vir Blok B se pastorale versorging, prediking, betrokke by eiendomme, finansies, omgeegroepe, jeug, elektroniese bediening en kommunikasie, lei die Woensdag-oggend Dames-Bybelstudiegroep, en nog so ‘n paar goed – eintlik maar so ‘n “Jack-of-all-trades” dominee. So hier en daar is ook nog Rings- en Sinodale-verpligtinge.
In my vrye tyd probeer ek om klein boompies, na ou boompies te laat lyk, m.a.w. ek hou my besig met bonsai en dan 4X4 ek graag – dis nou wanneer die Jeep loop – wat ongelukkig nie altyd is nie!
Psalm 121 bly maar vir my ‘n riem onder die hart – Ek kyk op na die berge: waarvandaan sal daar vir my hulp kom? My hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het.
Of dit nou gaan oor kerkwerk, of sommer net die lewe – dis wonderlik om te weet die Here is altyd daar om te help. Neem gerus die vrymoedigheid om my te kontak vir ‘n geselsie – ernstig of sommer net sosiaal – ek is net ‘n oproep vêr.
Ds Gerhard Meyer
Ek is gebore op 16 Maart 1993 in Springbok en het twee jonger susters, 1 en 9 jaar verskil onderskeidelik. Ons verhuis na Caledon toe ek 7 was en het my skoolloopbaan daar voltooi in 2011. Ek het in 2014 teologie kom studeer en my praktiese jaar voltooi in 2020 by Bloemfontein Student Gemeente. Ek is verlede jaar aangestel en bevestig by die Studente Gemeente en het hierdie jaar die voorreg om ook deel te word van Langenhovenpark Gemeente waar ek betrokke gaan wees met die jeug.
Visie:
Volhoubare Verhoudings. Een van die voorregte wat God ons gun is om iets van Sy wese te sien en ervaar in die mense rondom ons en ek glo Hy is dikwels mees sigbaar wanneer ons ons verhoudings met mekaar benader deur `n gesindheid liefde, deernis en toewyding.
Sosiale Media Span
Klank Span
Jeug Personeel
Administratiewe Personeel

Laurane de Kock
Skriba

Jolene Muller
Finansiële beampte

Anton Schlebush
Koster