Ons getuig ook in Samaria (Afrika)

DEGNOS
Degnos in Namibië help mense in gemeenskappe in Namibië om binne hulle
potensiaal te ontwikkel tot gesonde (volhoubare) geloofs- en
lewensgemeenskappe. Die NG Gemeente Langenhovenpark is dankbaar vir die
lang verbintenis met hierdie bediening wat in Namibië plaasvind en gaan met
groot dankbaarheid voort met ons ondersteuning daarvan.

DEGNOS opereer vanuit Grootfontein in Namibië. Ons gemeente is deur
finansiële ondersteuning by DEGNOS betrokke. DEGNOS lewer buiten ander
aksies waar die Woord bedien word, ’n groot bydrae ten opsigte van die onderrig
van kinders binne die DEGNOS bedieningsarea. DEGNOS bedryf 17 Vroeë Kind
Ontwikkeling Sentrums. Dit is skooltjies waar kinders tussen die ouderdom van 4
– 6 onderrig ontvang.
Kontakbesonderhede:  gousandries74@gmail.com