Tot in die verste uithoeke van die aarde

Indië: Pastor S. Sam Selva Raj

Brother Sam is besig met verskillende evangeliese bedienings, waaronder Bybelkor Indië,  ʼn instituut wat Bybelse korrespondensie-kursusse in die Oosterse wêreld versprei.  Die fokus van die Instituut is om basiese kennis oor Jesus Christus deur te gee aan nie-gelowiges en gelowiges.Hulle is ook betrokke by Christelike opvoeding op skoolvlak en onderhou en beman ʼn Christelike skool.   Ons gemeente ondersteun die werk finansieel.

Kontakpersoon: Pastor S. Sam Selva Raj.    e-posadres: sam@echoofhiscall.org

 

Slowakye (Pierre en Lisa van Vuuren)

Pierre en Lisa van Vuuren doen reeds sedert 1996 sendingwerk in die Slowaakse Republiek, deel van die voormalige Tsjeggo-Slowakye.  Hulle werk
was aanvanklik grootliks evangelisasie en kerkplanting onder die Sigeuners oftewel Roma, maar die klem het mettertyd verskuif na Bybelvertaling. 

Kontakbesonderhede e-posadres: pierre.vanvuuren@gmail.com 

Geopende Deure

Geopende Deure is ‘n wêreldwye organisasie wat omsien na die behoeftes van die mees vervolgde Christene in die wêreld. In 2025 is die vervolging van
Christene aan die toeneem. Dit kan toegeskryf word aan groei in die vervolgde kerk met ‘n toename van meer as 20 miljoen vervolgde Christene as die vorige
jaar.
Die belangrikste tendense van die 2025 Wêreldwaarnemingslys (WWL) is:
-Altesaam 4 476 Christene is wêreldwyd doodgemaak weens hul geloof. Meer as 90% van hierdie moorde het in sub-Sahara Afrika plaasgevind, wat Mosambiek
insluit.
– Vyf van die top 10 lande op die 2025 WWL is in Afrika.
– Daar was 28 368 aanvalle op Christene se huise, winkels of ondernemings weens geloofsverwante redes.
-Altesaam 16 miljoen Christene in sub-Sahara Afrika het gedwonge ontworteling weens geweld deurgemaak.
-Meer as 380 miljoen Christene wêreldwyd staar hoë vlakke van vervolging en diskriminasie in die gesig.

Besoek gerus www.opendoors.org.za vir meer inligting.

Befondsing

Die finansiering van die gemeente se uitreikprojekte vorm deel van die kerkraad se begroting.  Dit het daartoe aanleiding gegee dat die “Arbeiders vir die Oes” fonds gebore is.   Lidmate kan, bo en behalwe hulle dankoffers, spesifiek vir hierdie Koninkryksprojekte van die gemeente bydra.   Bydraes kan direk in die kerk se bankrekening inbetaal word met as verwysing ‘Arbeidersfonds’.   Alternatiewelik kan ‘n ACB-betaling met die kerkkantoor gereël word.

 Bankbesonderhede: ABSA Brandwag (Tjek)

                                    Takkode 632005

 Rekeningnommer:      1570 590 630