Lees- en Skryfklasse

Enige persoon wat in Langenhovenpark en omgewing woon en die behoefte het, kan die geleentheid gebruik om te

leer lees en skryf.  Dit geskied onder leiding van Cay van der Merwe. Belangstellendes kan haar kontak by 083 501 0554.

Sothodienste

Daar is normaalweg drie Sondae per maand om 15h00 ʼn spesiale erediens vir Sothosprekendes in die Kleinkerk.   Sodra die dienste weer hervat, sal dit in die Omgee Nuus bekendgestel word.

 

Uitreik na Gemeenskap

Geleenthede is geskep vir uitreik na mense in ons gemeenskap.   Ons gee op Pinksterdag ‘n Pinkstergroet (’n boekmerkie waaraan ‘n lekkertjie geheg is) aan mense waar ons paaie kruis op straat,  winkelsentrums en parkeerplekke in die omgewing.  Mense kan ook in hulle eie straat of meenthuiskompleks so ’n boekmerkie uitdeel.  Daar sal gedurende Mei lyste by die kerk beskikbaar wees om jou naam in te vul by watter punt jy wil uitreik.  Hou ook die Omgee-Nuus en afkondigings dop vir meer inligting.

 

Aksie Olyftak

Hierdie aksie het ontstaan weens die behoefte aan ʼn dienssentrum vir senior burgers in die gemeente en ook in die wyer gemeenskap van Langenhovenpark.  Lede kom eenmaal per maand bymekaar vir kuier, om hulle voete te laat versorg, hulle hare te laat kap en ʼn verskeidenheid ander dienste te ontvang. Insiggewende praatjies wat spesifiek van toepassing is op ouer wordende persone word deur kundiges aangebied. Hou die afkondigings dop vir meer inligting.

    Naaldwerkklasse

    Om ‘n nuwe vaardigheid aan te leer is om ‘n brood op die bord van ‘n mens of selfs gesin te sit.  Persone wat hierdie besondere vaardigheid wil aanleer om klere en veel meer te maak kom op Donderdae om 15h00 in die   Gemeente-sentrum bymekaar. Hierdie naaldwerkklasse vind onder leiding van Ina du Plessis (0734195730) en haar helpers plaas.   Al lerende en werkende word almal wat die klasse bywoon ook geestelik opgebou deur belangstelling in mekaar as mens, gesprekke en Bybelstudie.