Voedingsprojek (Böhmer-skool)

Ons kry van tyd tot tyd geleentheid om vir ʼn week lank tydens skoolpouses toebroodjies en vrugte aan leerders uit te deel. Soms is dit die enigste kos wat van die leerders op ʼn dag kry.  Die kontakpersoon vir hierdie projek is Belinda Rossouw (0723689913).

 

NGKA Waterbron

Die gemeente is op verskillende vlakke by die NG Kerk in  Afrika in Waterbron betrokke en ons ondersteun hulle ook finansieel.  Ds. Daniel Moshoaliba  bedien die gemeente.

 

Jeugsorgsentrums

Die gemeente is betrokke by twee Jeugsorg-sentrums.  Lidmate kan persoonlik betrokke raak of deur die skenking van benodigdhede.

Kontakbesonderhede:  Huis Amor, Faurelaan 12A, Willows – Trudie Peyper (0762827276)

Huis van Omgee, Faurelaan 12A, Willows – ds. Riaan Stander (0826658478) of die kerkkantoor.

 

Engo Gesinsorg Bloemfontein

Engo (vroeër Kerklike Maatskaplike Dienste) se maatskaplike werker is beskikbaar vir enige persoon wat van hierdie professionele diens gebruik wil maak.  Hulle fasiliteer verskeie gemeenskapsprojekte. Bydraes kan by die kerkkantoor afgegee word.  Navrae kan gerig word aan die Engo kantoor by 051522691  of  Pieter Miles by 0829671096  of e-pos:  pieter.miles@gmail.com.

 

Bloem Shelter  (SKuilplek vir haweloses)

  Bloem Shelter is ʼn Christelike geloofsorganisasie (NPO) wat skuiling bied aan haweloses in die stad. Behalwe kos en huisvesting, word die goeie nuus van God se liefde vir alles en almal daar aan hulle verkondig, berading word gegee, lewensvaardighede word aangeleer en hulle word gehelp om ʼn werk te bekom.  Hierdie huis vervul ʼn onontbeerlike rol in die stad en ons is dankbaar om hulle te kan ondersteun met finansies en ook ons gebede.

Besoek gerus hulle webwerf by http://www.bloemshelter.co.za/of skakel hulle by 0514307880.

Torings van Hoop

Torings van Hoop Leierskapstigting het in Februarie 2010 tot stand gekom met die visie om die gemeenskap te begelei van kwesbaarheid na vaardigheid. Terselfdertyd het die Tweetoring gemeente ‘n radikale transformasie ondergaan en fokus sedert Januarie 2010 hoofsaaklik in haar bediening op kwesbare en hawelose mense, ongeag taal of kultuur.  Die leuse van die gemeente (‘n variasie op Kol 3:11) lees:  “Hier maak dit nie saak of iemand ‘n Afrikaner of Sotho is nie, man of vrou, huiseienaar of haweloos nie.  Maar hier is Christus alles en in almal”.

Torings van Hoop bied uiteenlopende geleenthede vir mense om nie net blootgestel te word aan hierdie ander wêreld waar mense dikwels hoop verloor het nie, maar om ook aktief betrokke te raak daarby.

Kontak Ds De la Harpe Le Roux by 0832321051/ dlh@towersofhope.org vir meer inligting.

 

Suid-vrystaat gesondheidsorg (taxifonds)

Die gemeente voorsien die fondse vir die vervoer van een pasiënt vanuit die Suid-Vrystaat na hospitale in Bloemfontein.  Die koste word op die oomblik gedek deur ‘n aftrekorder van ‘n donateur.  Hulle benodig van tyd tot tyd hulp met veral mansklere by die afdeling vir geestesgesondheid.

Kontakpersoon: Pieter Miles   0829671096 of pieter.miles@gmail.com.

 

Huis Nederig

‘n Omgeegroep van die gemeente is betrokke by Huis Nederig geleë in Universitasrif. Ondersteuning word gegee aan persone wat in Huis Nederig versorging ontvang en ‘n heenkome vind.

Belangstellendes kan vir Willien Fourie kontak:  083 700 8684