’n Storie oor ’n gewone Christen-egpaar in Namibië

Andries Gous, direkteur van DEGNOS, skryf soos volg oor ’n besondere Christen-egpaar, Karel Ganseb en sy vrou Elizabeth:

Karl is ‘n gelowige soos min ander wat ek al ontmoet het en hy het my soveel geleer oor die jare wat ons saamgewerk het. Saam het ons tot drie eredienste op ’n Sondag gehou, as ek dink ons is nou klaar dan vra Karel altyd of ons nie net nog op een plek kan gaan preek nie. Elizabeth Ganses was ’n vrou met durf.  Sy kon nie Afrikaans praat nie en ek nie Boesman taal nie, maar op een of ander manier kon ons mekaar altyd verstaan oor lang gesprekke heen. Elizabeth het ‘n paar weke terug ‘n beroerte gehad en kon daarna nie loop, praat of self eet nie. In hulle omstandighede is dit nog moeiliker om haar  te versorg as wat dit in ’n dorp sal wees.

Hierdie dapper, gelowige vrou is op 30 April Huis toe, na haar Here vir wie sy baie liefgehad het. Andries vra ons voorbidding vir haar gesin”.

Toerisme as moontlike bron van gemeentelike inkomste vir Boesmanland

Andries Gous berig dat hulle besig is om die moontlikheid van toerisme as bron van gemeentelike inkomste vir Tsumkwe en Luhebu-Nord gemeentes sowel as vir Degnos te bekom. Hulle besoek hierdie week  Boesmanland saam met twee veteraan toerisme operateurs, Charles en Annalie van Zyl, as gaste om die infrastruktuur wat tot die beskikking van die gemeentes is te ondersoek. en terselfdertyd meer mense bloot te stel aan die evangelisasie werk wat plaasvind.

Hulle glo dat die toerisme bedryf sal herstel en hulle sien dit as moontlikheid om  onafhanklike versorging binne die San gemeenskappe aan te wakker. Hulle vra ons saam met hulle sal bid vir wysheid en leiding hierin en dat die Here vir hulle die wysheid sal voorsien om te weet wanneer om voort te gaan en wanneer om te los.